Dokter erken Covid-reëls was ‘opgemaak’

Lees ook :

Dokter erken Covid-reëls was "opgemaak"
Dokter erken Covid-reëls was "opgemaak" fotokrediet: Canva

Lees ook: AstraZeneca se Covid-entstof wêreldwyd onttrek

WASHINGTON, VSA. – Dr. Anthony Fauci, die voormalige direkteur van die nasionale instituut van allergieë en oordraagbare siektes in die VSA, het erken van die Covid-reëls was “opgemaak”.

Fauci is deur Republikaanse wetmakers ondervra oor waar Covid-19 vandaan gekom het. Hy moes hom verdedig teen eise dat hy die siekte se oorsprong toegesmeer het. Daar was glo e-posse waarin hy en ander wetenskaplikes bespreek het of die virus van ‘n laboratorium af kon kom.

Hy is Maandag ondervra oor die Covid-maatreëls wat in plek gestel is wat die dra van maskers en distansiëring insluit.

Fauci het gesê daar was nie studies gedoen oor distansiëring nie en hy kan nie onthou waarvandaan die reël gekom het nie. Hy het ook gesê daar was nie studies wat bewys het die dra van maskers deur kinders sou hulle teen Covid-19 vrywaar nie.

Bronne: IOL, Toronto Sun, Washington Post

Lees ook: AstraZeneca se Covid-entstof wêreldwyd onttrek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief