AstraZeneca se Covid-entstof wêreldwyd onttrek

Lees ook :

AstraZeneca verwyder Covid-entstof wêreldwyd
AstraZeneca verwyder Covid-entstof wêreldwyd fotokrediet: Canva

Lees ook: Mense word aangemoedig om griepinenting te kry

AstraZeneca het hulle Covid-entstof wêreldwyd begin onttrek oor ‘n “surplus van beskikbare opgedateerde entstof” wat nuwe variante van die virus teiken.

Die maatskappy het verlede maand die aankondiging gemaak en het gesê dit is omdat daar nou nuwe entstof is wat die Covid-variante teiken, dus is die aanvraag minder. Hulle vervaardig en verskaf nie meer die entstof wat bekend was as Vaxzevria nie. Die maatskappy het voorheen erken die entstof het newe-effekte soos bloedklonte en laebloedplaattellings tot gevolg gehad.

AstraZeneca het gesê hulle entstof het 6.5 miljoen lewens in die eerste jaar van gebruik gered. Meer as 3 miljard inentings is wêreldwyd verskaf.

Bronne: The Guardian, First Post, Reuters

Lees ook: Mense word aangemoedig om griepinenting te kry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief