VSA. – Salvador Plasencia, Kaliforniese dokter, wat ketamien aan die akteur Matthew Perry voor sy dood verkoop het, is tot 30 maande tronkstraf gevonnis.
Lees ook: Dokter wat ketamien aan Matthew Perry verkoop, gevonnis
Hy is een van vyf verdagtes wat aangekla is nadat Perry in Oktober 2023 aan ‘n oordosis ketamien oorlede is.
Perry se familie het die regter in die saak vir ‘n lang vonnis gevra en het gesê Plasencia was die “skuldigste” en dat hulle gesukkel het om te verstaan hoekom hy Perry herhaaldelik van die dwelm voorsien het,
Plasencia het in teksboodskappe gesê Perry was ‘n “moroon” en het gewonder hoeveel hy bereid sal wees om vir dwelms te betaal. Perry se ma, Suzanne Morrison, het gesê “daar was niks moronies aan daai man nie” en het bygevoeg dat Plasencia ‘n belofte gemaak het om mense te beskerm en dat hy haar seun moes beskerm.
Plasencia het in die hof verskoning gevra en gesê hy is spyt en jammer en dat hy ‘n seun het wat hy “reg” wil grootmaak.
Bronne: BBC, USA Today, CBS News
Lees ook: Dokter wat ketamien aan Matthew Perry verkoop, gevonnis





