Dokter wat ketamien aan Matthew Perry verkoop, gevonnis

Lees ook :

Dokter wat ketamien aan Matthew Perry verkoop het, word gevonnis fotokrediet: X

VSA. – ‘n Dokter wat skuldig gepleit het op aanklagtes dat hy ketamien aan die akteur Matthew Perry voor sy dood verkoop het, word vandag gevonnis.

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-ketamiensaak gaan skuldig pleit

Dr. Salvador Plasencia het in Junie skuldig gepleit op aanklagtes dat hy ketamien aan Matthew Perry verkoop het weke voordat die akteur in Oktober 2023 aan ‘n oordosis oorlede is.

Plasencia se prokureurs het gesê sy besluit om ketamien aan Perry te verkoop, was “roekeloos” en “die grootste fout van sy lewe”. Die prokureurs het gesê “’n vonnisoplegging van tronkstraf is nie nodig of regverdig nie. Hy het reeds sy mediese lisensie, sy kliniek en sy loopbaan verloor. Hy is ook deur die media aangeval en deur vreemdelinge gedreig tot die punt waar hy en sy familie moes trek”.

Die aanklaers het gevra dat regter Sherilyn Peace Garnett Plasencia tot drie jaar tronkstraf vonnis ná ‘n ooreenkoms.

Bronne: The Independent, ECR, US News

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-ketamiensaak gaan skuldig pleit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief