Die Suid-Afrikaanse weerdiens het donderstorms vir sekere dele van die land vir vandag voorspel.
Lees ook: Nog waarskuwings vir donderstorms vir vandag uitgereik
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms is vir dele van die Vrystaat en Mpumalanga uitgereik en ’n geel vlak 1-waarskuwing vir donderstorms vir dele van KwaZulu-Natal.
Die SAWD het gewaarsku daar is ’n moontlikheid van oorstromings.
Mense word herinner om lopende water te vermy en die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Nog waarskuwings vir donderstorms vir vandag uitgereik