Dwelmhandelaar wat vrou aan die brand steek, vir moord gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Elridge du Plessis (37), ‘n dwelmhandelaar, wat in Houtbaai petrol oor Miskaah Fakier (44) uitgegooi en haar aan die brand gesteek het, is ses jaar later vir haar moord gevonnis. Du Plessis is direk 22 jaar tronkstraf opgelê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Du Plessis het op 9 Januarie 2018 vir Fakier beskuldig van diefstal van dwelms en kontant wat in ‘n sak was. Hy het haar geklap en gevra waar sy dwelms is.

Adv. Bantu Nyembezi het aan die hof voorgehou die beskuldigde het petrol gekoop, dit oor Fakier uitgooi en haar aan die brand gesteek. Tydens getuienisaflegging het Du Plessis gesê hy het ook petrol oor homself gemors. Hy het huis toe gegaan en ander klere aangetrek om nie ook aan die brand te raak nie – dit terwyl hy geweet het Fakier is deurdrenk met petrol. Nyembezi het gesê wat hy vermy het, het met Fakier gebeur. Sy moes brand en sy optrede op sigself was die direkte oogmerk. Fakier moes vir die verdwyning van die dwelms sterf. Die feite van die saak inkrimineer die beskuldigde, gevolglik het die ongegronde verskonings van die beskuldigde nie die toets van algemene oorsaak geslaag nie.

Die hof het met die argument saamgestem en bevind die staat het hulle saak bo redelike twyfel bewys. Du Plessis is skuldig bevind en gevonnis. Sy neef as mede-verdagte is deur die hof van alle klagtes vrygespreek.

Die NVG verwelkom die vonnisoplegging.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief