Eben Etzebeth is Donderdag 4 Desember vir 12 weke geskors nadat ’n onafhanklike dissiplinêre komitee bevind het dat hy tydens ’n toetswedstryd teen Wallis sy teenstander se oog doelbewus aangeraak het. Sy lot is vinniger bepaal as wat aanvanklik verwag is.
In die uitspraak van die komitee is aanvanklike straf van 18 weke skorsing voorgestel, maar danksy Etzebeth se skoon dissiplinêre rekord is die straf met ses weke tot 12 weke verminder.
Etzebeth sal waarskynlik tot April 2026 nie beskikbaar wees vir die Haaie se wedstryde nie, insluitend ‘n aantal van die Haaise se Verenigde Rugbykampioenskap- en Kampioenebeker-kragmetings. Hy sal eers weer in Maart 2026 beskikbaar wees.
Bronne: Sky Sports, The Guardian, Supersport





