Een dood in botsing tussen verskeie vragmotors en motors

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Een persoon het gesterf en ongeveer vyftien is beseer toe ses vragmotors en vyf voertuie Vrydagaand op die N3 voor die Marianhill-tolplaza in ‘n ongeluk betrokke was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is net voor 19:00 na die ongelukstoneel waar verskeie persone vasgekeer en beseer aangetref is. Meer ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici is na die toneel ontbied. Ethekweni-brandweer het op die ongelukstoneel met gespesialiseerde reddingsgereedskap gehelp. Die ongeveer 15 beseerde persone is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na verskeie hospitale in Durban vervoer is.

Jamieson sê een vragmotorbestuurder wat in ‘n wrak vasgekeer was, is op die toneel dood verklaar.

Die nasionale roete was vir ure onbegaanbaar. Die ongeluk word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief