Metamfetamien van R6 m. in snoekertafel versteek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Metamfetamien met ‘n straatwaarde van R6 m. is Vrydag op OR Tambo Internasionale Lughawe in ‘n snoekertafel versteek gekry. Die besending was glo vir Australië bedoel.

Brig. Athlenda Mathe sê inligting is ontvang en ‘n operasie is geloods, waarna die besending onderskep en gekonfiskeer is. Alle leidrade word opgevolg om die oorsprong van die dwelms op te spoor en ook om vas te stel wie die besending vir invoer afgelewer het.

Alhoewel geen arrestasies gemaak is nie, gaan die ondersoek voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief