Vrou en 10 kinders sonder dokumente deur grens, vier van ‘mensehandel’ aangekla

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Vier volwassenes het Vrydag op aanklag van mensehandel in die hof verskyn nadat ses meisies, vier seuns en ‘n vrou Donderdag omstreeks 19:30 deur die polisie op die N1 by die Beitbrug-vragmotorstop in ‘n minibus sonder die nodige dokumente voorgekeer is.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê polisielede was besig met roetinepatrollies toe hulle die Toyota Quantum-minibus voorgekeer het. Die drie mans kon wettige dokumente toon, maar nie die vrou en die kinders nie. Met verdere ondersoek is gevind die minibus was van Zimbabwe na Johannesburg op pad. Die bestuurder het glo aan die polisie gesê die kinders gaan hulle ouers in die gebied besoek. Hulle is deur die polisie na Musina se slagofferbemagtigingsentrum geneem, waar hulle veilig gehou is.

Die verdagtes het Vrydag op aanklagte van mensehandel in Musina-landdroshof verskyn. Die vrou (39) het op ‘n addisionele aanklag vir die oortreding van die immigrasiewet voorgekom.

Borgaansoek sal op 18 Desember aangehoor word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief