Egpaar met pepersproei op plaas aangeval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Jong egpaar is tydens ‘n huisroof op ‘n plaas by Kraalkop naby Fochville met pepersproei aangeval, voordat rowers met onder meer elektroniese toerusting en kontant gevlug het.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes het na bewering die oggend van 18 Julie toegang tot die woning verkry. Die egpaar is met pepersproei gespuit, waarna die verdagtes met ‘n skootrekenaar, selfoon, WiFi-toestel en ‘n onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan het. Volgens inligting het die slagoffers ook ligte beserings opgedoen. Veiligheidstrukture het die verdagtes se spore gevolg tot by ‘n pad waar hulle vermoedelik deur ‘n voertuig opgelaai is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Bronne: SAPD en Niels Nilsson – Landelike Veiligheid Statistiek Groep SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief