NEW YORK – Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk het geskiedenis gemaak en die finansiële wêreld onherroeplik verander. Hy is nou die wêreld se eerste biljoenêr (trillionaire) of te wel duisendmiljardêr.
Afrikaans (soos Nederland, Duitsland, Frankryk, ensovoorts) gebruik langskaal vir getalle: ‘n miljard is ‘n duisend miljoen (nege nulle) en ‘n biljoen is ‘n miljoen miljoen (12 nulle).
Lees ook: Elon Musk eerste persoon ter wêreld met meer as $500 miljard
https://nuusflits.com/elon-musk-eerste-persoon-ter-wereld-met-meer-as-500-miljard/
Forbes het Vrydag 12 Junie 2026 Elon Musk as die wêreld se eerste biljoenêr (duisendmiljardêr) aangekondig. Die 54-jarige Musk bevind homself in ‘n ongekende rykdom-stratosfeer wat wêreldwyd aandag trek.
SpaceX, Musk se lug- en ruimtevaartmaatskappy, se aandele het teen Vrydgaoggend teen $150 per aandeel op die Nasdaq-beurs verhandel – dit verduidelik waarom hy hierdie geskiedkundige mylpaal kon bereik.
Musk het eers in 2012, met ‘n “beskeie” fortuin van $2 miljard, sy verskyning op Forbes se jaarlikse lys van die wêreld se rykste mense gemaak. Hy was toe die 634ste rykste persoon op die planeet. Hy het in Januarie 2021, danksy die sukses van Tesla, vir die eerste keer die wêreld se rykste persoon geword. SpaceX het hom nou in ‘n posisie geplaas waar geen mens nog ooit tevore was nie.
Vir Musk se ondersteuners is dit ’n bewys van sy visie. Skielik lyk sy doelwitte vir die Starship-program en ’n permanente menslike teenwoordigheid op die maan en Mars baie meer bereikbaar.
Bron: Forbes





