Families van gyselaars sê Netanyahu is ‘enigste struikelblok’ in geliefdes se vrylating

Lees ook :

Families van gyselaars sê Netanyahu is ‘enigste struikelblok’ in geliefdes se vrylating fotokrediet: X

GASA. – Die families van die Gasa-gyselaars het gesê die eerste minister, Benjamin Netanyahu, is die “een struikelblok” wat keer dat die gyselaars vrygelaat word en ‘n vredesooreenkoms bereik word.

Lees ook: Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval

Die Hostages and Missing Families Forum: Bring Them Home Now het op sosiale media gesê Israel se aanval in Katar bewys dat “elke keer as ‘n ooreenkoms byna bereik word, Netanyahu dit saboteer”. Hulle het verder gesê: “Dis tyd om die verskonings wat gemaak is om tyd te koop sodat hy mag kan hou, eindig”. Die groep het gesê Netanyahu se “vertraging van die ooreenkoms” het die lewens van 42 gyselaars gekos en bedreig die lewens van die ander gyselaars wat skaars oorleef.

Die kommentaar volg nadat Netanyahu gister gesê het om ontslae te raak van Hamas-leiers in Katar, “sal ontslae geraak moet word van die hoofstruikelblok” om die gyselaars te bevry en die oorlog te beëindig. Netanyahu het beweer Hamas verhoed alle skietstilstandpogings om die oorlog in Gasa uit te rek.

Bronne: BBC, The Times of Israel, The Jerusalem Post

Lees ook: Katar se soektog na vermiste persone en menslike oorskot duur voort ná Israel-aanval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief