Die voorgestelde verkryging van Safair Holdings deur Harith Aviation het die groen lig gekry. Die mededingingskommissie het aanbeveel dat die mededingingstribunaal die voorgestelde verkryging op voorwaardes goedkeur.
Woordvoerder Siyabulela Makunga sê Harith Aviation beoog om Safair Holdings, wat die bedrywighede van FlySafair beheer, oor te neem. Volgens die kommissie sal die transaksie waarskynlik nie mededinging wesenlik benadeel nie, mits maatreëls ingestel word om billike mededinging by Lanseria Internasionale Lughawe te verseker. Die samesmeltende partye het ingestem tot voorwaardes wat die uitruil van sensitiewe inligting beperk en verseker dat lugrederyverwante goedere en dienste wat by Lanseria aan ander lugrederye gelewer word, nie op onbillike, onredelike of diskriminerende wyse hanteer sal word nie.
Die Kommissie meen hierdie voorwaardes sal moontlike mededingingskwessies wat uit die transaksie kan voortspruit, aanspreek.
Druk hier om meer te lees.





