Brackenfell Biblioteek
Op 12 Desember 2025, so op die vooraand van die feesseisoen, was die Suid-Afrikaanse skrywer, François Loots, in gesprek met Elmarie Waltman oor sy nuutste roman, Twyfelbos.
Brackenfell Biblioteek het die skrywer en aangangers welkom geheet met heerlike gebak, tee en koffie, en, natuurlik, die skrywer se teenwoordigheid. Die gesprek het ieder en elk met ’n glimlag gelaat. Loots het ook ’n deel van die boekverkope van die dag aan die Brackenfell Biblioteek geskenk.
“Hierdie is ons tweede huis en ons is baie trots om Francois Loots welkom te heet,” het Waltman gesê.



Sophia die boer
Twyfelbos speel in die Overberg in die 19de eeu af en vertel die verhaal van Sophia Truter. Sophia is getroud met sir John Truter. Haar man is ’n regter maar verkies om as sir Joha aangespreek te word. Sophia het min erg aan dié lewe.
Na die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Sy begin klein, op ’n lap grond anderkant die Keinrivier en dit sonder slawe en ‘n voorman.
Sy vind haar voete as boervrou en die haar lewe, sonder haar man, vind ’n nuwe pas. Die fiktiewe karakter, Mandel daag op die plaas op, sy ontmoet die vroue wat naby Gansgat tent opgeslaan het en ‘n boervrou van oorkant die Akkedisberg kom ook inloer.
Haar vreedsame bestaan word ontwrig toe ’n moord op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor word en die toon van die roman neem ’n ander toon in.
Twyfelbos se intriges
Twyfelbos is in heerlike ouwêreldse taal geskryf. Die verhaal volg Sophia Truter, vervreemde vrou van regter Truter, wat ná die dood van haar jongste seun ’n nuwe begin as boervrou op ’n klein stuk grond aan die ander kant van die Kleinrivier maak. Sy werk sonder slawe of ’n voorman. Met haar perd en plaas begin Sophia ’n nuwe lewe.
Ietwat ongehoord vir die vroeë 1800’s, maar Sophia ontwikkel ’n nuwe identiteit op die plaas. Sy word ’n vrou wat haar eie besluite neem en ten volle uiting aan haarself, en haar seksualiteit gee.
Twyfelbos ondersoek intriges van die gereg sowel as die liefde blootlê.
“Die spanning word eers opgebou wanneer die karakter oor die lyn trap.”
Die skrywer sê in ’n onderhoud met Murray la Vita: “Ons het hierdie persepsie dat ons voorouers almal godvresend, wetsgehoorsaam en heteroseksueel was met groot gesinne, maar dit was nie so nie.”
Die roman spog met taalgebruik wat die landskap, see en dierelewe beskryf in ’n vars, dog outydse, Afrikaanse stem. Loots verduidelik dat hy maklik moderne woorde sal uitlaat en eerder outydse woorde gebruik om die leser te lok na die tyd waarvan hy skryf.


Ten slotte
Loots het lesers en biblioteke bedank vir hulle volgehoue ondersteuning, “Ons skrywers kan doen waarvoor ons so baie omgee omdat daar biblioteke en lesers is. Dankie, julle hou ons aan die lewe.”
Loots het roman skryf as ’n emosionele reis beskryf en sê die emosie dra en lei die skryfproses vir hom. Hy vind ’n storie uit ’n stem wat hom roep wanneer ’n stukkie geskiedenis hom roep en hy besef dat hier ’n storie is.

Die roman spog met uitstekende navorsing en ’n Loots se vars asem.Titel: Twyfelbos
Skrywer: François Loots
ISBN: 9780798185202
Uitgewer: Human & Rousseau





