Gauteng-hospitale meld 7 386 nadelige voorvalle teenoor pasiënte aan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Gauteng se openbare hospitale het die afgelope jaar 7 386 ernstige nadelige voorvalle aangemeld. Dit dui op ’n styging teenoor die 7 117 van die vorige jaar. Dit is voorvalle waar pasiënte onbedoelde skade opdoen wat tot besering, gestremdheid of die dood kan lei. Slegs in 55 van die gevalle is dissiplinêre stappe ingestel.

Dr. Jack Bloom, die DA se Gautengse skaduminister vir gesondheid, sê in ‘n verklaring hierdie jongste statistiek van SAE’s (Serious Adverse Events) is deur Nomantu Nkomo-Ralehoko, die Gautengse LUR vir gesondheid en welsyn, in ’n geskrewe antwoord in die provinsiale wetgewer bekend gemaak. Die syfers toon ’n voortgesette toename sedert 2019, toe 4 170 voorvalle aangemeld is. Dit het tot 4 701 in 2020 gestyg en tot 6 910 in 2021.

Chris Hani Baragwanath-hospitaal het die meeste SAE’s met 1 257 voorvalle, ver bo die ander akademiese instellings. George Mukhari het 600, Steve Biko 592 en Charlotte Maxeke Johannesburg 498 gevalle aangemeld. Ander hospitale met hoë voorvalle sluit Helen Joseph met 434, Weskoppies met 426, Leratong met 414 en Tembisa met 384 in. Op distriksvlak het Bheki Mlangeni-hospitaal 109 voorvalle gehad, met 51 by die Tshwane-distrikhospitaal en 18 by South Rand-hospitaal.

Volgens die inligting was daar net 55 dissiplinêre stappe vir al die aangemelde voorvalle. Alhoewel die departement sê daar is verskeie maatreëls om SAE’s te verminder, dui die jaarlikse groei op beperkte sukses.

Die DA sê hulle sal daarop aandring dat swakpresterende hospitale bestuurshervormings ondergaan, dat personeel- en toerustingstekorte aangespreek word en dat sterker dissiplinêre optrede ingestel word om hierdie voorvalle te voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief