Geliefde Lantie se val lei tot ontdekking van moontlike kankeragtige groeisels

Lees ook :

Foto's: Die Hoërskool Wagpos en BackaBuddy

NOORDWES. – Louisca Leipoldt (16) van Hartbeespoort en ‘n gr. 11-leerling aan Hoërskool Wagpos, word deur ’n lang en onseker pad na herstel in die gesig gestaar nadat sy ‘n femur (dybeen) op 18 Januarie in ’n fratsongeluk by ’n speelpark gebreek het. Tydens doktersondersoeke is ontdek dat haar femur deur letsels verswak is en moontlik deur kankeragtige groeisels aangetas kan wees.

Hoërskool Wagpos beskryf Louisca op die skool se sosialemediablad as ‘n toegewyde leerling met ‘n droom om eendag ‘n veearts te word. Op die betrokke dag het Louisca na haar jonger sussie omgesien toe haar voet by ‘n speelpark vasgehaak en sy vorentoe geval en eers op haar knieë beland en daarna, steeds met haar voet vasgehaak, agteroor geval het. In die proses het ‘n femur, die sterkste been in die menslike liggaam, gebreek.

Alhoewel die familie nie aan ‘n mediese fonds behoort nie, is sy na ‘n privaathospitaal geneem. Daar is die letsels en moontlike kankeragtige groesels waargeneem. Weens die kompleksiteit van haar toestand kon ‘n operasie nie gedoen word nie; die koste van gespesialiseerde sorg was ook buite die familie se bereik. Louisca is op 19 Januarie na ‘n openbare hospitaal oorgeplaas. Die familie het hul dank uitgespreek vir die sorg wat sy daar ontvang, maar die wagtye en beperkte toegang tot spesialiste bly ’n uitdaging.

Instussen is ‘n skarebefondsingsprofiel gestig om Louisca te ondersteun. Volgens die BackaBuddy-profiel kon familie en vriende vir ‘n operasie geld insamel, maar het toe die nuus ontvang wat hulle planne tot stilstand gebring het. Die letsels en moontlike kankeragtige groeisels het Louisca se femur verswak en het weens die kompleksiteit die hoop op ‘n onmiddellike operasie bemoeilik. Louisca het egter dringend ortopediese chirurgie nodig om die femur weer te heg en om ‘n behoorlike diagnose oor onderliggende mediese toestande te laat doen en die behandeling te kry wat daarmee saamgaan.

Met die BackaBuddy wat gestig is, is daar reeds meer as R60 000 ingesamel, maar daar kort nog ongeveer R300 000 om vir Louisca voldoende mediese versorging te kan kry. Die familie bedank almal vir ondersteuning en daar word gevra dat daar aan Louisca en haar gesin gedink en vir hulle gebid moet word.

Die Hoërskool Wagpos sê: “Help Louisca! Sestienjarige Louisca Leipoldt van Die Hoërskool Wagpos is ’n liefdevolle, hardwerkende jong meisie met groot drome om eendag ’n veearts te word. Haar lewe het egter op 18 Januarie skielik verander toe sy tydens ’n familie-uitstappie ernstig beseer is.
Terwyl sy na haar jonger sussie by ’n speelpark gekyk het, het haar voet vasgehaak, sy het geval, en haar femur (dybeen) het gebreek – ’n been wat normaalweg baie moeilik breek.
Tydens verdere ondersoeke is ontdek dat haar been deur letsels en moontlike kankeragtige groeisels verswak is.
Ná aanvanklike behandeling by ’n privaat hospitaal is sy weens die hoë koste na ’n openbare hospitaal oorgeplaas. Alhoewel die familie dankbaar is vir die sorg wat sy ontvang, het Louisca dringend gespesialiseerde ortopediese behandeling en verdere toetse nodig – sorg wat nie ten volle deur die staat beskikbaar is nie.
Die finansiële las is enorm, en haar familie het reeds alles moontlik probeer. Daarom vra ons nederig om hulp.
Enige donasie, groot of klein, maak ’n verskil. Indien jy nie kan bydra nie, help asseblief deur hierdie boodskap te deel. Saam kan ons Louisca help om te genees en terug te keer na die toekoms waarvoor sy so hard werk.
Dankie vir jou omgee, gebede en ondersteuning.”


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief