Brekende Nuus
Leefstyl

Pelgrimsweg in Jerusalem ná duisende jare oop vir publiek

Die 2 000 jaar oue Pelgrimsweg wat vanaf die Stad van Dawid in antieke Jerusalem na die Wesmuur lei, het in Januarie vanjaar vir die publiek toeganklik geword nadat dit vir duisende jare begrawe was ná die vernietiging van die stad  deur die Romeine in 70 AD.

View this post on Instagram

A post shared by Embassy of Israel (@israelinusa)

“Dit is een van die mees manjifieke argeologiese ontdekkings in Jerusalem in die laaste dekades”, het Amit Re’em, Israel Antiquities Authority  (IAA) se hoofargeoloog vir die Jerusalem-distrik, aan The Times of Israel gesê.

Onder die straat is ‘n antieke dreineringskanaal ontdek, wat as skuilplek tydens die Groot Opstand gedien het. Hier is kookgereedskap, olielampe, ou muntstukke en selfs ‘n Romeinse swaard gevind.

Bronne: The Times of Israel, Biblical Archeology Society, City of David, Ancient Jerusalem