Geliefde visserman sterf op see

Lees ook :

Foto's: Verskaf

WES-KAAP. – Riaan Badenhorst (63) van die Strand, ‘n gewilde visserman op die boot Rubi, het Vrydagoggend op see naby St. Helenabaai gesterf. Volgens familie, vriende en kollegas is hy dood terwyl hy gedoen het waarvoor hy die liefste was. Medelye het nie net uit visserskringe ingestroom nie, maar ook uit motorresies-kringe.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Devon Wild, die NSRI St. Helenabaai-stasiebevelvoerder, het bemanningslede KPR toegepas en mediese hulp ontbied. Die Rotary Onwards, NSRI-reddingsboot van Stasie 44, is ontplooi, waardydens nooddienste en Weskus Medical Resue ook na die St. Helenabaai-hawe gestuur is. Die NSRI-resddinspan het die vaartuig, wat op pad was na St. Helenabaai, ongeveer 10 seemyl buite die kus teëgekom. NSRI-mediese personeel het aan boord gegaan en die KPR-pogings voortgesit terwyl die vaartuig na die hawe begelei is. Paramedici het Riaan by die hawe kort voor 09:00 dood verklaar. Die polisie het die toneel besoek en alle aanduidings is dat sy dood aan natuurlike oorsake te wyte is. Die NSRI het meegevoel met Riaan se familie, vriende en kollegas betuig.

Kapt. F.C van Wyk het die voorval bevestig wat gebeur het terwyl snoek in Blinderbaai, St. Helendabaai, gevang is. Die skipper van die boot het dadelik teruggekeer land toe.

Vissermanne wat saam met Riaan op die Rubi was, het gesê hy was nie net ‘n visserman nie, maar almal se vriend met ‘n hart van goud wat altyd reg gestaan het om hulp aan te bied. “Rus sag, ou maat. Die see was jou tuiste,” het hy gesê. Rudi, het Riaan vir geselsies, grappe en laat-aand oproepe bedank en gesê hy gaan dit mis. “Oom sal altyd deel wees van die herhinneringe en van elke storie wat op die see vertel sal word. Rus sag, Oom Riaan, en stywe lyne.”

Hy word deur sy vrou Trushka, seuns Tiaan en Rico, tweelingbroer Wynand, broer Danie en suster Elaine oorleef.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief