KWAZULU-NATAL. – Die Meerensee-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) doen ’n beroep op inwoners om nie die visse (razorbellies) op te tel wat tans op die strand uitspoel nie.
Volgens die GPF is dit nog onduidelik waarom duisende van dié visse vrek. Mense word aangeraai om eerder weg te bly en nie aan die visse te raak nie totdat duidelikheid verkry is of die visse gesondheidsgevare inhou.
Die publiek word gevra om die waarskuwing met ander te deel.






