Brekende Nuus
Afrikaans

Gerda Steyn en Piet Wiersma wen Comrades

Comrades-wenners bekend, Piet Wiersma en Gerda Steyn

fotokrediet: X
Comrades-wenners bekend, Piet Wiersma en Gerda Steyn fotokrediet: X

Gerda Steyn en Piet Wiersma is onderskeidelik vanjaar se Comrades-marathonwenners vir vroue en mans.

Steyn was vir die derde keer die eerste vrou oor die wenstreep na sy in 2019 en 2023 ook gewen het. Sy het ook rekordtye in die Two Oceans-marathon en die Om die Dam- en die Vaal-marathon behaal. Steyn het vandag ’n tyd van 5:49:43 gehardloop.

Piet Wiersma van Nederland het die eindstreep met ’n tyd van 5:24:56 gehaal.

Bronne: IOL, X, TImesLIVE

Lees ook: 356 polisiebeamptes neem aan Comrades deel