Geregtigheid in Enyobeni-tragedie ‘n stap nader

Lees ook :

Foto: SABC Nuus

MDANTSANE – ʼn Geregtelike doodsondersoek in die Mdantsane-streekhof het bevind dat daar genoegsame prima facie-getuienis in die Enyobeni-taverne-tragedie is om verskeie partye strafregtelik te vervolg.

Lees ook – Enyobeni 21-tragedie nou ‘n geregtelike doodsondersoek

https://nuusflits.com/enyobeni-21-tragedie-nou-n-geregtelike-doodsondersoek/

Dié bevinding bring geregtigheid ‘n stap nader vir die families van die jongmense wat in 2022 by die Enyobeni-taverne gesterf het.

Sien video

https://youtu.be/kwVU_9v7AeU?si=A8ENj5J6TOYLtlKP

Volgens ’n berig deur SABC Nuus het landdros Mvuselelo Malindi bevind dat sersant Tabisa Kondile, ‘n polisiebeampte, grof nalatig was. Kondile het maande voor die tragedie reeds klagtes ontvang oor die taverne se oortreding van die drankwette. Sy het egter versuim om op te tree.

Kondile het voorts self erken dat sy bewus was van lisensie-oortredings en dat sy versuim het om boetes uit te reik of arrestasies te maak. Sy het toegegee dat die sterftes voorkom kon word as sy of die Oos-Kaapse Drankraad opgetree het.

Die eienaars, Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu, het versuim om drankwette by hul instansie af te dwing.

Tydens ‘n “pens down”-partytjie op 26 Junie 2002 is 21 jongmense tussen die ouderdom van 13 en 20 jaar by die taverne dood.

Forensiese patoloë het vasgestel die oorsaak van dood was versmoring weens die oorvol vertrek en onvoldoende ventilasie. Aanvanklike bespiegelinge oor vergiftigde alkohol is deur kenners verwerp.

Die Ndevu’s is reeds voorheen skuldig bevind aan die verkoop van drank aan minderjariges. Hulle het egter deurgaans aanspreeklikheid ontken. Die paartjie het selfs aangevoer dat die ouers van die kinders verantwoordelikheid moet aanvaar.  In Oktober 2024 het die Hooggeregshof gelas dat onwettige strukture op die perseel gesloop word.

Die bevindinge word nou na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys, wat oor verdere vervolging sal besluit.

Bron SABC Nuus | Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief