KWAZULU-NATAL. – Twee mans wat deur die polisie gesoek is vir verskeie sake van moord en poging tot moord, is Maandagoggend in ’n skietgeveg met die polisie in die Mzomusha-gebied in Newtown C, Inanda, doodgeskiet.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, is ’n polisie-operasie kort ná middernag na minstens vyf verdagtes begin. Met behulp van ’n hommeltuig is twee van die verdagtes by ’n huis in die Mzomusha-gebied opgespoor. Toe die polisie die huis nader, het ’n skietery uitgebreek. Die twee verdagtes, onderskeidelik 20 en 25 jaar oud, is noodlottig gewond. Twee vuurwapens is by hulle gevind.
Die soektog na die oorblywende verdagtes duur voort.





