GAURTENG. – ‘n Video waarin ‘n professionele verpleegster by Steve Biko Akademiese Hospitaal se Nefrologie-afdeling beweer dat sy deur bestuur geboelie word, het wyd op sosiale media versprei. Dit het die Gauteng Departement van Gesondheid genoodsaak om daarop te reageer.
Steve Mabona, woordvoerder van dié departement, sê die verpleegster is sedert Desember 2025 geskors omdat sy nie hospitaalbeleid nagekom het nie. Dit het niks met boeliegedrag te doen nie. Sy was reeds sedert Oktober 2025 afwesig en het ondanks herhaalde versoeke geweier om die vereiste mediese en verlof-dokumentasie in te dien. Dit het die hospitaal genoodsaak om haar salaris te bevries. Twee vergaderings met haar vakbond het ook geen verbetering gebring nie.







