Gevangene aangekla vir ‘sameswering in moordkomplot’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ’n Gevangene (29) van die Waainek Korrektiewe Sentrum staan tereg op aanklagte van meineed en poging tot regsverydeling. ’n Ondersoek na bewerings van ’n moordkomplot teen senior amptenare van korrektiewe dienste het teenstrydighede in sy beëdigde verklarings aan die lig gebring.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana, Valke-woordvoerder in Oos Londen, sê in ‘n verklaring ondersoekers van die eenheid vir ernstige korrupsie het die gevangene op 27 Februarie aangekla nadat bewyse glo getoon het dat sekere verklarings wat hy onder eed gemaak het, vals was. Volgens Mhlakuvana het die saak begin nadat inligting op 4 Februarie ontvang is oor ’n beweerde sameswering om twee senior amptenare by die Waainek Korrektiewe Sentrum te vermoor. Weens die erns van die aantygings is die saak met prioriteit ondersoek. Die ondersoek het glo beduidende teenstrydighede uitgewys. Ondersoekers meen die vals verklarings is doelbewus gemaak om die ondersoek te mislei en die regsproses te beïnvloed. ’n Strafsaak is daarna teen die gevangene geopen en hy is formeel aangekla. Weens die sensitiewe aard van die saak word sy identiteit nie bekend gemaak nie.

Die saak is vir verder ondersoek tot 27 Maart in die Makhanda-landdroshof uitgestel.

Volgens ‘n berig van die Grocott’s Mail op 19 Februarie Het die Makhanda-landdroshof borgtog geweier vir Viwe Stemela, ’n tronkbewaarder van die Waainek Korrektiewe Sentrum, wat daarvan beskuldig word dat hy ’n komplot beraam het om twee senior kollegas te laat vermoor. Kapt. Elroy Nathan Jacobs van die Valke het tydens die borgtogaansoek gesê ondersoekers het WhatsApp-kommunikasie tussen Stemela en ’n gevangene onderskep waarin die beweerde moordplan bespreek is. Landdros Xoliswa Msesiwe het beslis dat die beweerde komplot reeds gevorderd was en dat Stemela se vrylating ’n risiko vir getuies en die klaers kan inhou. Hy is daarna in aanhouding gehou. Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief