KWAZULU-NATAL. – Christina Joseph (34) en haar dogter, Brooklyn Hemmero (15), ‘n gr. 10-leerling aan Hoërskool Heather in Pietermaritzburg, is Dinsdagaand by hulle huis vermoor.
Kol. Robert Netshiunda, sê aan Nuusflits Mountain Rise-polisiekantoor het ‘n verdagte (35) op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat die ma en dogter in Gardeniastraat dood is. Volgens Netshiunda is die polisie na ‘n klagte van moord. Met aankoms op die toneel is die liggaam van ’n vrou met verskeie steekwonde in ’n plas bloed aangetref. Die lewelose liggaam van haar 15-jarige dogter is ook op ’n bed in die huis gevind. Polisie vermoed die verdagte het die tiener verwurg en die ma doodgesteek toe sy later van die werk af by die huis aangekom het. Huishoudelike geweld het moontlik ‘n rol in die moorde gespeel.
Die verdagte het na bewering probeer om homself om die lewe te bring deur sy keel met ‘n mes te sny, maar hy is gered en in hegtenis geneem. Hy word tans onder polisiebewaking in ’n hospitaal behandel en sal in die hof verskyn sodra hy genoegsaam herstel het.
Die Heather Secondary School het Hemmero se dood op hulle amptelike Facebook-blad bekend gemaak. “Heather Secondary School is deeply saddened by the loss of our beloved Grade 10 learner, Brooklyn Hemmero. Our hearts go out to her family, friends, and everyone who knew and loved her. We remember Brooklyn for her bright spirit and the joy she brought to our school community. Our thoughts and prayers are with all who are grieving her passing, and we stand together in this difficult time, supporting one another with love and remembrance. May Brooklyn’s memory inspire us to cherish every moment and to support each other with kindness.”







