Gewilde en geliefde eersdaags gegroet – leef met 4 soorte kanker maar sterf in motorongeluk

Lees ook :

Foto's: Steve Lux Nortier, Zeugnette Nortier en Mosselbaai Munisipaliteit

WES-KAAP. – Steve Lux Nortier (41) se troosdiens sal op 6 Januarie 2026 vanuit die NG Kerk Paarl-Vallei plaasvind. Nortier, gediagnoseer met Fase 4 kanker van die longe, pankreas, lewer en limfkliere, het op 20 Desember in Mosselbaai in ‘n ongeluk met sy splinternuwe Landcruiser gesterf.

Op 18 Desember sê Nortier op sosiale media dat hy uitsien na familietyd in Hartenbos. Hy verduidelik in ‘n eerste sosialemediaplasing sedert sy kankerdiagnose waar hy in sy behandelingsfases is, maar dat dit beter gaan met hom en dat hy positief is. “My eerste Post i.v.m. 🎗 vanaf Okt. 2024 se Diagnose! Treatments Siklus 7 van 11 Maande: Dag 2 van 3: Chemo Vandag! 30x dae van bestraling, 30 x dae van Immune therapy. Kanker: Stage 4 Long, Lewer, Pankreas, limfkliere. Positief en voel al stukke beter, dankie vd gebede! 1 dag op ‘n slag. Gerbruik ook Dr. TROS Bekker se program. Ivermectim, Fenben, Vit. D3, K3, cucrmin! Die Here is my Herder. Binnekort Familietyd = Hartenbos.”

Sy ma, Zeugnette Nortier, het die afsterwe van haar seun op haar Facebook-blad bekendgemaak en gesê hulle het baie onbeantwoorde vrae, maar vra vir die nodige respek en gebede. Volgens haar het haar seun in baie pyn verkeer. “Ons liefling- kind Steve Lux Nortier het vannag verongeluk met sy splinternuwe Landcruiser waaroor hy so opgewonde was. Diegene close in ons binnekring, sal ook weet dat hy teen die kankerduiwel baklei het en maar baie pyn gehad het. Ons het self baie onbeantwoorde vrae maar vra asb. net respek en gebede. Hartenbos / Mosselbaai se verkeersmense het ons bitter mooi ondersteun en ons kind met respek behandel.”

Op die Mosselbaai op sy beste Facebook-blad het dié ma ‘n pleidooi gemaak dat oningeligtes nie oor die ongeluk kommentaar oor dronkenskap of spoed moet maak nie. “Voor almal vieslike eiers lê, daai Landcruiser was my seun, en hy was nie dronk nie, ook nie gejaag nie – maar wel bitter baie siek. Fase 4 kanker op 41 jaar. Ons weet nie wat gebeur het nie, ons het self op die ongelukstoneel afgekom waar ons kind toegegooi gelê het. Ek moet alle lof aan Mosselbaai se Verkeer & SAPD & almal teenwoordig gee, wat ons te alle tye met deernis en respek hanteer het.”

Volgens Zeugnette was onder meer haar seun se kamptoerusting en visstokke ten tyde van die ongeluk nog in sy Landcruiser.

Sy het Woensdag dankie gesê vir die oorweldigende ondersteuning wat ontvang word. “Bitter baie dankie vir elke oproep, boodskap, SMS, inbox, gebed, gedagte – dis absoluut oorweldigend en ons kan nie emosioneel als hanteer nie, maar weet net, ons waardeer dit verskriklik.. dis wonderlik om als te lees, om staaltjies oor jou kind te hoor, om foto’s van sy mag-der-menigte vriende te ontvang oor hul ervaringe saam met Steve Lux Nortier . Dit maak mens se hart trots … ek dink nie ons het besef hoe ‘n groot impak het hy op individue gehad nie, van klein kindertjies tot bejaardes xxx”

Steve het vroeër vanjaar sy lewensmaat, Ammerie Heenop, aan kanker verloor. Zeugnette sê hulle het saam teen kanker baklei en is nou saam.

In ‘n spesiale gedenkplasing beskryf Zeugnette haar seun as iemand wat voluit gelewe en die wêreld gesien het. “Ek dink daar is min babas wat al ‘n doopkoek gehad het met ‘n Golf Gti op in plaas van ‘n poppie – dink jy het saam met jou melk ook petrol ingekry want jy, my liefste kind, het meer gereis en plekke besoek in jou 41 jaar as baie ander mense in ‘n leeftyd. Dis asof jy geweet het “places to go … things to see – and not enough time!” Oral waar jy gegaan het, het jy bande gesmee en vriende gemaak met jou geaardheid …. Jy het vir Mufasa die Leeu getem in Sutherland…. Jy het vir ons gesê jy gaan vir ‘n naweek gou Namibië toe, en 3 maande ver gereis tot doer bo in Zanzibar, Tanzanië tot waar jy dodelik siek van malaria in Dar Es Salaam in hospitaal beland het … Jy het weggeraak kuslangs en GROOOT visse gaan vang …. Jy het op enige dorp groot of klein, enige rugbytrui oor jou kop getrek en virrie dorpspan sommer ‘n rugby game gespeel… Jy het besluit om te gaan seil en rowwe see aangepak en in die diepblou see vir Mamma wrintiewaar ‘n rooi ballon uit die see opgetel op ‘n Moedersdag weg van ons … Ons almal , Pappa, Mamma, Andries & Boetie deel jou liefde vir karre, ou karre, vinnige karre, vintage karre – name it!! Soveel so dat jy vir Pappa n vinnige limited edition Mini sommer vooraf bestel het met natuurlik vir jou ook ‘n vliegtuigkaartjie ingesluit om dit te gaan haal in JHB, met ‘n track day ingesluit!! Jy het soveel wonderlike vriende gemaak wat vir jou goed was, maar vir wie jy ook goed was, daarvan getuig hierdie honderde, honderde boodskappe wat ons kry ná jou afsterwe… Want die Liewe Vader het besluit nie net is jou erge stryd teen kanker genoeg nie, maar om jou in ‘n tragiese motorongeluk van ons af weg te neem op Sa. 20 Des 2025… Ons het bitter baie vrae, dinge wat ons nooit sal verstaan nie, maar ons is dankbaar dat jy ons seun was, vir ons geleen was vir 41jaar ….”

Mosselbaai-munisiplaiteit het na die ongeluk in die vroeë oggendure op die N2 en R327 naby Hartenbos Heuwels verwys. Motoriste is versoek om gedurende die feeisseisoen waaksaam te bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief