Ghislaine Maxwell, 64-jarige voormalige meisie van die seksoortreder Jeffrey Epstein, wat in die gevangenis selfdood gepleeg het, het geweier om vrae te beantwoord voor die toesigkomitee van die VSA se huis van verteenwoordigers. Sy het haar beroep op die Vyfde Wysiging van die Amerikaanse grondwet wat ‘n persoon in strafregtelike sake beskerm.
Sy het volgens Times Live deur haar prokureur, David Oscar Markus, gesê sy sal getuig nadat president Trump haar begenadig het.
Maxwell is in 2021 skuldig bevind vir haar rol om Epstein behulpsaam te wees om tienermeisies seksueel uit te buit. Sy is tot dusver die enigste persoon wat skuldig bevind is in die Epstein-saak.
James, Comer, voorsitter van die toesigkomitee, het gesê hulle is uiteraard teleurgesteld, omdat hulle baie vrae het om die veroordeelde Maxwell te vra, onder andere oor “potensiële samesweerders”.
Bronne: TimesLive, Aljazeera




