Lees ook: Vier verdagtes in hegtenis vir Motherwell-skietery
BOTSHABELO. – ’n Groep verdagtes is in hegtenis geneem vir die beweerde afpersing van ’n dokter in Bloemfontein.
Die dokter het in September ’n saak gemaak teen mense wat glo geld by hom geëis het. Hy het ’n oproep ontvang van iemand wat beweer het hy is die oom van ’n pasiënt wat die dokter in Februarie 2023 behandel het. Die verdagte het na bewering gesê hy soek geld of ’n saak van verkragting gaan teen die dokter gemaak word.
Die dokter het gereël om die verdagtes Vrydag by ’n mall in Botshabelo te ontmoet, waar ’n man (42) en twee vrouens, 35 en 29, in hegtenis geneem is. ’n Man (38) wat gevlug het, is later die aand in Botshabelo in hegtenis geneem.
Die verdagtes verskyn Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vier verdagtes in hegtenis vir Motherwell-skietery





