Groot witdoodshaai eis man se lewe aan Australiese kus

Lees ook :

Foto: BBC NuuaRottnest Eiland

AUSTRALIË- ’n Vier meter lange witdoodshaai het Saterdag net voor 10:00 ’n 38-jarige man in Wes-Australië doodgebyt. Die voorval het by Horseshoe Reef, noordwes van die gewilde Rottnest Island naby die stad Perth, plaasgevind.

Lees ook: Branderplankryer kritiek ná 4de haai-aanval in Sydney

https://nuusflits.com/branderplankryer-kritiek-na-4de-haai-aanval-in-sydney/

Volgens ‘n berig deur plaaslike media is die man ná die aanval per boot na die kus vervoer. Daar het paramedici en polisie KPR by die Geordiebaai-kaai toegepas. “Ongelukkig kon die man nie weer bygebring word nie,” het ’n polisiewoordvoerder gesê.

Die staat se Departement van Primêre Nywerhede en Streekontwikkeling het bevestig dat hulle ’n verslag ontvang het van ’n aanval deur ’n witdoodshaai.

Die aanval is die eerste noodlottige haai-voorval in Wes-Australië sedert Maart verlede jaar, toe ’n branderplankryer by ’n afgeleë strand aangeval is. Sedert rekordhouding in 1791 begin het, was daar bykans 1 300 aangetekende haai-aanvalle in Australië. Meer as 260 van hierdie aanvalle was noodlottig.

Die publiek is versoek om versigtig te wees in die waters in die gebied.

Bron: BBC Nuus,

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief