AUSTRALIë. – Die H5N1-stam van voëlgriep is vir die eerste keer in Australië aangetref, het die land se ministerie van landbou bevestig. Dit beteken dat die hoogs aansteeklike variant nou elke kontinent bereik het.
Volgens die BBC is die siekte by ‘n migrerende seevoël, ‘n bruin jagtermeeu (brown skua), in die afgeleë Wes-Australië opgespoor, het die minister van landbou, Julie Collins, Saterdag gesê.
Australië was voorheen die enigste kontinent waar die H5N1-stam van voëlgriep nog nie aangetref is nie. Die stam kan vinnig onder pluimvee en wilde voëlbevolkings versprei. Menslike gevalle wat met die siekte verband hou, bly egter skaars.
Bronne: BBC, The Guardian





