KAIRO, EGIPTE. – Egiptiese onderhandelaars het gesê Israel en Hamas is besig met samesprekings vir die volgende fase van die skietstiltsand.
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars
Israel en Hamas het Donderdag weer in Kaïro, Egipte, begin met samesprekings om die skietstilstand voort te sit.
Die eerste fase van die skietstilstand eindig om middernag Saterdag en as onderhandelinge nie voortgaan nie, kan die oorlog moontlik hervat word.
Hamas het gesê dit sal al die gyselaars op een slag vrylaat as Israel hulle weermag heeltemal uit Gaza onttrek.
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het egter tot dusver verskeie kere geweier om sy weermag te onttrek.
Bronne: New York Times, Los Angeles Times, NBC News
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars





