Deur Ilette Coetzer vir Kerkbode
Wat as jou eggenoot ‘n narsis is? Agter ’n masker van jovialiteit en ’n breë glimlag wat “s-u-k-s-e-s” uitspel, skuil daar soms ’n man wat glo dat hy die belangrikste persoon in die wêreld is. Die mense wat die naaste aan hom is, moet deurgaans sy onblusbare ego poets. Of, as hulle dit nalaat, die ernstige gevolge dra …
Hoe weet jy jou geliefde is ‘n narsis?
“Ek het op ’n plaas grootgeword en Christo* het gereeld vir my broer kom kuier. Hy het gou my voete onder my uitgeslaan, en dit was nie lank nie of ek het voor sy sjarme, duur geskenke en toegewyde aandag geswig.
“Min het ek geweet dat daardie oorrompelende persoonlikheid bloot ’n masker was.”
Só vertel Sonet*. Hulle is ná ’n warrelwindromanse getroud. Daar was nie tyd om die “werklike Christo” beter te leer ken nie. “Sy selfvertroue en komplimente het my veilig laat voel.”
Dit was egter nie lank voordat hy sy ware kleure begin wys het nie. Sonet was te skaam om teenoor haar familie te erken dat daar probleme in hul huwelik is. Hulle sou haar in elk geval nie glo nie. Voor haar ouers en vriende was hy sy sjarmante self – net om weer in ’n humeurige buffel te verander wanneer die deure agter hulle toegaan.
LEES OOK: ‘Ek is uiteindelik vry om te wees,’ vertel vrou ná 40 jaar saam met ’n narsis
Vandag voel dit vir haar asof sy in ’n tronk vasgekeer is. Sy vertel: “’n Mens word moeg daarvoor om elke dag op eiers te loop. Ek weet nooit wanneer die bom gaan bars en wanneer hy weer oor die kleinste ou dingetjie sy humeur gaan verloor nie. Alles is altyd my skuld.”
Dit het Sonet lank geneem om te besef dat sy nie die “onnosel vrou” is waarvoor sy dikwels uitgekryt word nie.
Die onderskeid tussen iemand met ’n goeie selfbeeld en een wat ’n narsis is (ook “narsissis” genoem), is nie altyd so vanselfsprekend nie. ’n Leek sal dit moeilik kan bepaal.
Sielkundiges kan dit wel doen. Volgens hierdie kundiges kan ’n narsis trouens maklik uitgeken word; hulle beskryf hom as “iemand wat vol van homself is, wat die mense om hom manipuleer en nie regtig tussen die waarheid en leuens kan onderskei nie.”
Kortweg: ’n Narsis is verlief op homself.
LEES DIE VOLLE ARTIKEL GRATIS HIER.
Vriende van Kerkbode
Beskerm gratis, betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld. Jou ondersteuning dra by tot meer konstruktiewe godsdienstige diskoers in die kerk. Wees gerus dat jou bydraes met sorg aangewend word tot die voortsetting van betroubare kerknuus.
Kliek hier en word vandag ’n vriend van Kerkbode.
Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.