Hill-Lewis aangewys as DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad

Lees ook :

Geordin Hill-Lewis, leier van die Demokratiese Alliansie
Foto: Wikipedia

Geordin Hill-Lewis, leier van die Demokratiese Alliansie, is Saterdag in Hanover Park aangewys as die party se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad. In sy toespraak het Hill-Lewis vyf ondernemings vir die volgende vyf jaar uiteengesit: sterker polisiering, meer werksgeleenthede, betroubare en bekostigbare dienste, meer bekostigbare behuising en skoner openbare ruimtes.

Hy se die stad sal sy eie polisieringsvermoe verder uitbou, onder meer met ‘n speurdereenheid vir die Metropolisie, omdat die SAPD volgens hom te veel gemeenskappe in die steek laat. Hill-Lewis se Kaapstad het in die afgelope vier en ‘n half jaar meer werk geskep as enige ander stad in die land, en het beloof om meer stadsgrond vir behuising vry te stel en plakkersgebiede op te gradeer.

“Dis onse huis hierdie,” het hy gese, en kiesers om ‘n hernude mandaat gevra.

Persverklaring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief