Hofuitspraak oor bek-en-klouseer-entstof ’n keerpunt vir boere

Lees ook :

Foto: SAAI

’n Uitspraak van die Pretoria-hooggeregshof word as ’n groot oorwinning vir Suid-Afrikaanse boere beskou, nadat die hof gister beslis het dat veeboere voortaan self wettig verkrygde bek-en-klouseer-entstowwe mag aankoop en toedien. Die beslissing volg op regsaksie deur organisasies soos Vrystaat Landbou, SAAI en Sakeliga, wat aangevoer het dat daar geen wetlike grondslag is om private deelname aan inentings te verbied nie.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê die uitspraak bevestig dat boere nou self verantwoordelik kan optree om hul kuddes te beskerm, terwyl staatsvertraging en inmenging nie meer aanvaarbaar is nie. Volgens die hof mag die staat ook nie meer inmeng met wettige kommersiële verhoudings in die entstofvoorsieningsketting nie en is die minister van landbou, die direkteur-generaal en die direkteur van dieregesondheid beveel om die regskoste van die saak te betaal. Die hof het verder bevind dat die staat nie ’n geldige regsverweer kon bied vir sy standpunt dat slegs die regering entstowwe mag beheer nie en het kritiek uitgespreek oor die proses se vertragings. Die uitspraak maak dit nou moontlik vir die private sektor en die staat om bek-en-klouseer gelyktydig te bekamp.

SAAI het die uitspraak as ’n oorwinning vir alle vee- en wildboere beskryf, maar ook daarop gewys dat dit vir baie produsente te laat gekom het ná groot verliese. Die organisasie glo die beslissing kan nou help om die veebedryf weer op die voorvoet te plaas in die stryd teen die siekte.

Volgens Sakeliga bevestig die hof dat niemand iets mag doen wat deur wetgewing verbied word nie en dat geen toestemming van die minister nodig is vir private inentings nie. Die organisasie sê die uitspraak skep ’n duidelike en beskermde roete vir boere en landbou-ondernemings om entstowwe te bekom en toe te dien, mits sekere kennisgewingvereistes nagekom word.

Hoewel die bevel onmiddellike verligting bring, is dit ’n tussentydse uitspraak en verdere regsprosesse sal volg om ’n finale oplossing te verseker wat die landboubedryf en nasionale biosekuriteit versterk.

Druk hier om te lees wat Vrystaat Landbou sê. Lees oor die hofsaak se uitspraak hier en sien die hofbevel hier wat deur SAAI gedeel is. Lees ook wat Sakeliga sê hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief