Hokkiespeler sterf in motorongeluk

Lees ook :

Foto's: Hoër Volkskool Heidelberg en Rensburg Forum

GAUTENG. – Rilana Lötter, ‘n gr. 8-leerling van Hoër Volkskool Heidelberg, het Vrydagmiddag in ‘n motorongeluk tusen ‘n ligte motorvoertuig en ‘n bakkie tussen Heidelberg en Balfour op die R23 gesterf.

Soek jy die jong meisie se naam op sosiale media, val dit jou vinnig op dat sy ‘n kranige hokkiespeler in die laer- en hoërskool was. Haar lewe is vandag by die skool gevier.

Luidens Rensburg Forum se sosialemediaplasing was hulle saam met Heidelberg Volunteer Medics and First Responders, die polisie, verkeersdienste en brandweer op die toneel. Volgens inligting was daar vyf mense in die ligte motorvoertuig, insluitend twee jong meisies. Verskeie insittendes is ernstig beseer en een is op die toneel dood verklaar. Die oorblywende beseerdes is op die toneel gestabiliseer en vir verdere mediese behandeling na nabygeleë hospitale geneem. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Volgens Heidelberg Volunteer Medics and First Responders sê Lesedi-brandweer het gehelp om die vasgekeerde insittendes te bevry. Ten spyte van pogings van noodpersoneel is een pasiënt op die toneel dood verklaar.

In kommentaar van Proudly Heidelberg se berig is gesê dat Rilana nie saam met familie in die voertuig was nie.

Bronne: Hoër Volkskool Heidelberg, Laerskool Tini Vorster, Proudly Heidelberg en Rensburg Forum, Heidelberg Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief