Hooggeregshof keer Tshwane se ‘cleansing levy’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Pretoria-hooggeregshof het bepaal dat die Tshwane-metroraad nie die sogenaamde “cleansing levy” vir inwoners mag instel, hangende hul appèl nie, aangesien die heffing steeds as onwettig en ongeldig beskou word.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die bevel deur die hooggeregshof is ‘n groot oorwinning vir AfriForum en Pretoria-inwoners teen die Tshwane-metro. Dit beteken beduidende besparings vir Pretoria-inwoners, aangesien die munisipaliteit nie langer hierdie bykomende heffing op munisipale rekeninge kan afdwing nie, of soos in Kriel se woorde, kan die munisipaliteit nie langer sy onbevoegdheid probeer finansier deur hierdie bykomende heffing op Pretoria se munisipale rekeninge te plaas nie. AfriForum het ook ’n kostebevel ontvang, wat beteken dat die munisipaliteit die regskoste van AfriForum moet betaal.

Cilliers Brink, die voormalige burgemeester van die Stad Tshwane, sê in ‘n sosialemediaplasing dit ‘n belangrike voorlopige uitspraak. “Gewoonlik skort ’n appèl die implementering van ’n hofuitspraak op, maar hierdie saak is ’n uitsondering op daardie reël. Die metro berei nou sy raadslede voor om inwoners met hierdie saak te ondersteun.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief