Hooggeregshof skrap KZN se R7-miljard regeringspresinkprojek

Lees ook :

Die Durbanse Hooggeregshof het ‘n omstrede KZN tender van R7 miljard tersyde gestel nadat bevind is die toekenning was onwettig. Die geld was bestem vir ‘n regeringspresink wat alle provinsiale staatsdepartemente in een gebou sou huisves om huurkoste te bespaar.

Nuwe verkrygingsproses na onwettige KZN tender

Die KwaZulu-Natalse departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, onder LUR Martin Meyer, het self die hof genader om die toekenning te laat hersien. Die tender is onder die vorige administrasie toegeken.

Departementele woordvoerder Steve Bhengu se die uitspraak baan die weg vir ‘n nuwe, wetlik nakomende verkrygingsproses en bevestig die departement se verbintenis teen korrupsie.

Lees meer by EWN.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief