NOORDWES. – Die Job Shimankana Tabane-hospitaal in Rustenburg vra die publiek se hulp om die familie van Ronel Rose (73) op te spoor.
Rose is bewusteloos aangetref en na die hospitaal geneem. Sy het voorheen op Plot 66, Olifantsnek, gewoon, maar het geen kontakbesonderhede van familie nie.
Enigiemand wat haar familie ken of kan help opspoor, word gevra om die maatskaplike werker by die hospitaal, Bleskop, by 010 023 2257 te bel.





