NOORD-KAAP. – Die polisiediens het gerugte wat op sosiale media versprei word, dat die Deben-polisiekantoor weens personeeltekorte gesluit is, as vals bestempel.
Brig. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisiestasie is ten volle operasioneel en bedien steeds die gemeenskap. Sulke verkeerde inligting kan onnodige paniek en verwarring veroorsaak. Die polisie vra die publiek om amptelike bronne te raadpleeg voordat hulle sulke inligting deel en waarsku teen die verspreiding van onbevestigde inligtng wat die beeld en reputasie van die polisie benadeel.





