Brekende Nuus
Nuus

Huiseienaar ry glo vermeende dief raak

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n 34-jarige man is Maandagoggend (12 Oktober) beseer nadat ’n huiseienaar hom na bewering met ’n motor in Parkgate getref het. Die man het verskeie beserings opgedoen en is deur paramedici op die toneel gestabiliseer.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê sy operasionele sentrum het omstreeks 06:30 ’n oproep om hulp ontvang, waarna beamptes na die toneel gestuur is. Volgens die huiseienaar het die man glo eiendom van inwoners, waaronder boustene en hekke, gesteel. Hy het gesê hy het die verdagte langs die pad gesien en met sy voertuig in sy rigting gery. Die verdagte is teen ’n ligpaal en ’n informele woning getref. Hy het kneusplekke aan sy bene, bloeding uit sy neus en moontlike inwendige beserings opgedoen. Die bestuurder is nie beseer nie, maar sy voertuig het skade opgedoen.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek die voorval.