Inbraakverdagte glo deur huiseienaar doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Titanium Securitas

WES-KAAP. – ‘n Huiseienaar het glo Woensdagoggend verdagtes van ‘n inbraak in sy huis in Tigerstraat, Kraaifontien betrap. Die huiseienaar het na bewering verskeie skote tydens ‘n konfrontasie vir selfbeskerming geskiet en ‘n verdagte noodlottig getref.

Titanium Securitas sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens het omstreeks 11:15 op ’n waarskuwing van die Zoo Park-buurtwag gereageer ná skote in die gebied gehoor is. Met aankoms is bevestig dat twee verdagtes glo ’n woning betree het.

Volgens inligting het die huiseienaar by die oprit ingetrek en die verdagtes in die huis betrap. Toe hy hulle konfronteer, het die verdagtes glo met ’n mes en ’n gholfstok op hom afgestorm, waarna hy skote geskiet het. Die verdagte wat noodlottig getref is, is naby die toneel aangetref.

Die tweede verdagte het gevlug en word steeds gesoek.

Volgens dié diens het Kraaifontein-polisiebeamptes die toneel besoek en ’n ondersoek is aan die gang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief