Inligting gesoek nadat 3 mans en vrou doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Gqeberha-speurders soek inligting nadat drie mans en ‘n vrou op 7 November omstreeks 21:00 in Airport Valley, Walmer, doodgeskiet is.

Kapt. AndrĂ© Beetge, polisiewoordvoerder, het Dinsdag in ‘n verklaring gesĂª die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaadondersoek (OCI) het ’n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op vier persone. Die Walmer-polisie is na die toneel van ‘n skietvoorval ontbied. Met hulle aankoms het die beamptes die liggame van vier onbekende volwassenes, tussen 25 en 30 jaar oud, met skietwonde aangetref. ‘n Saak van vier moorde is geopen.

Beetge het bevestig dat die ondersoek voortduur en dat die polisie enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes of die identifikasie van die slagoffers kan lei, sal verwelkom. Lt.kol. Sithole kan by 082 457 2812 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĂªre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief