Internasionale voortvlugtige vasgetrek wat glo oor Limpoporivier wou vlug

Lees ook :

Foto: Marlene636 Wikipedia

LIMPOPO. – Stellio Gilles Robert Capo Chichi (45), sy seun Khonsou Seba Capo Chichi (18), en Francois van der Merwe, ’n beweerde fasiliteerder, is tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie in Pretoria in hegtenis geneem. Inligting is ontvang dat die voortvlugtige glo van plan was om onwettig oor die Limpoporivier na Zimbabwe te vlug.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die ouer Chichi word glo internasionaal gesoek vir misdade teen die staat. Volgens die ondersoek is die pa en seun glo gehelp deur die individu wat sowat R250 000 betaal is om hulle oor die grens te kry, met die uiteindelike doel om na Europa te reis. Die operasie is by ’n winkelsentrum in Brooklyn uitgevoer waar die verdagtes hulle in ’n lokval vasgeloop het.

Ná inhegtenisneming Maandag het die verdagtes Woensdag vlugtig in die Brooklyn-landdroshof verskyn. Ondersoeke dui daarop dat die pa ’n voortvlugtige van die gereg is en in lande soos Frankryk en Benin gesoek word vir ernstige oortredings wat met staatsmisdade verband hou. Interpol het bevestig dat hy wel in Benin gesoek word. Tydens die inhegtenisneming is selfone en sowat R318 000 kontant gekonfiskeer. Die drie staan tereg op aanklagte van sameswering om ’n misdaad te pleeg en due oortreding van immigrasiewette. Hulle bly in aanhouding terwyl uitleweringsprosesse oorweeg word. Die saak is tot 20 April uitgestel.

Volgens Wikipedia is Stellio Gilles Robert Capo Chichi, oftewel Kémi Séba is in 1981 Straatsburg, Frankryk gebore. Hy is beter bekend as ’n omstrede Frans-gebore Beninese politieke aktivis, skrywer en voormalige joernalis, asook ‘n prominente pan-Afrika-leier. Hy is bekend vir sy sterk anti-Westerse standpunte en veldtogte teen buitelandse invloed in Afrika. Seba het oor die jare aandag getrek weens sy betrokkenheid by radikale bewegings en sy politieke uitsprake. Hy is al verskeie kere in Frankryk in hegtenis geneem en het ook regsprobleme in ander lande gehad. Owerhede in Benin het volgens berigte ’n internasionale arrestasiebevel teen hom uitgereik vir beweerde misdade teen die staat. Hy is glo ook al verbind met Russiese invloed, met berigte dat hy steun ontvang het van ‘n Russiese oligarg. Sy betrokkenheid by politieke aktivisme en sy invloed in Wes-Afrika maak hom ’n bekende, maar ook omstrede figuur. Frankryk het op 9 Julie 2024 sy burgerskap teruggetrek.

Bronne: SAPD, Wikipedia biografie van Kemi Seba en Africa Confidential


 

 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief