Brekende Nuus
Diere

Inwoners gewaarsku ná luiperd gewaar is

NOORDWES. – Die gemeenskap van Manamakgotheng en omliggende dorpe is gewaarsku om op hul hoede te wees nadat ‘n luiperd in en om die Pilanesberg Wildreservaat opgemerk is.

Die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsbewaring en Toerisme het bevestig dat die luiperd in en die gebied waargeneem is en ‘n ernstige gevaar vir inwoners kan inhou. Die departement doen ‘n dringende beroep op almal in die omgewing om ver van die luiperd af weg te bly en dit onder geen omstandighede self te probeer hanteer nie. ‘n Soekspan, wat die departement, die Noordwes Parke- en Toerismeraad en die SAPD insluit, soek reeds die luiperd op te spoor en gaan dit veilig hanteer.

Enigeen wat die dier sien, word gevra om dit dadelik by die naaste polisiekantoor aan te meld, of die departement by 061 478 5932 te bel.