Is die nuwe minimum loon vooruitgang?

Lees ook :

Foto bron: Geskep deur Chat GBT

Vanaf 1 Maart 2026 sal Suid-Afrika se minimum loon van R28,79 tot R30,23 per uur verhoog word. Dit beteken R1,44 per uur ekstra en R230,40 per maand verhoging.

Is dit bloot op papier vooruitgang of ’n gebaar in die rigting van waardigheid?

Lees ook: Minimum loon vanaf 1 Maart verhoog

https://nuusflits.com/minimum-loon-vanaf-1-maart-verhoog/

Luidens ’n persverklaring uitgereik deur Brett Herron, lid van die Unite for Change Leadership Council en sekretaris-generaal van GOOD, is dit steeds nie genoeg om van te leef nie. Hy sê in sy verklaring dat hierdie verhoging nie armoede beëindig nie, maar, “dit bestuur.”

Hy sê voorts dat die party die verhoging verwelkom. “Dit maak saak. Dit sal werkers help om ’n klein deel van dit wat inflasie gesteel het, terug te kry.”

Herron het ook melding gemaak van die onlangse berigte van FoodForward SA, waarin dit gestel word dat voedselonsekerheid aansienlik hoër is in huishoudings wat deur vroue gelei word. Dit word deels daaraan toegeskryf dat vroue makliker hullle kosporsies sal verklein, of selfs etes sal oorslaan om hulle gesinne te versorg.

“Wanneer jou inkomste skaars vervoer en huur dek, word kos die skokbreker. Voeding ly stilweg.”

Hy sê ten slotte dat, alhoewel die verhoging van R1,44 per uur welkom is, dit nie “geregtigheid is nie”.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief