Israel berei voor vir weerwraak van Hamas en Hezbollah na dood van leiers

Lees ook :

Israel berei voor vir weerwraak na dood van Hamas en Hezbollah-leiers
Israel berei voor vir weerwraak van Hamas en Hezbollah na dood van leiers fotokrediet: Canva

Lees ook: Hamas-leier dood in Iran

ISRAEL. – Israel is besig om voor te berei vir weerwraak van Hamas en Hezbollah na twee prominente leiers van die twee groepe die week dood is.

Hamas-leier Ismail Haniyeh is dood in ’n ontploffing vroeër die week toe hy in Iran was vir die inswering van die Iranse nuwe president.

Israel het nie verantwoordelikheid aanvaar vir sy dood nie.

Benajmin Netanyahu, die Israeliese eerste minister, het wel verantwoordelikheid geneem vir die dood van een van die Hezbollah-leiers ure na die dood van Haniyeh.

Hamas en Iran het gesê hulle gaan weerwraak neem vir die dood van Haniyeh.

Bronne: The Jerusalem Post, NDTV, Sky News

Lees ook: Hamas-leier dood in Iran

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief