Israel keur volledige oorname van Gasastad goed

Lees ook :

Israel sekuriteitskabinet keur plan om Gasa oor te neem goed fotokrediet: X

ISRAEL. – Die Israeliese politieke veiligheidskabinet het vroeg vanoggend die eerste minister, Benjamin Netanyahu, se plan om volledig beheer te neem van Gasastad goedgekeur.

Lees ook: Benjamin Netanyahu wil glo ‘Gasa ten volle beset’

Die meerderheid lede van die veiligheidskabinet het ten gunste van Netanyahu se plan gestem.

Netanyahu se kantoor het in ’n verklaring gesê die doel is vir ’n totale oorwinning teen Hamas en om humanitêre hulp aan burgerlikes “buite oorlogsones” te voorsien.

Die kabinet het vyf  beginsels goedgekeur om die oorlog te beëindig. Die beginsels sluit in: die ontwapening van Hamas, die terugkry van die 50 gyselaars in Gasa (slegs 20 lewe nog), die “demilitarisering” van Gasa, die verkryging van veiligheidsbeheer deur Israel oor Gasa en die vasstel van ’n alternatiewe burgerlike administrasie.

Netanyahu het gister gesê Israel is van plan om beheer oor die hele Gasa oor te neem téén die advies van die Israeliese weermag en waarskuwings dat die gyselaars in gevaar gestel gaan word en nog Palestynse burgerlikes gedood kan word.

Bronne: New York Times, Sky News, Euronews

Lees ook: Benjamin Netanyahu wil glo ‘Gasa ten volle beset’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief