Japan maak reg vir ‘reuse’-aardbewing ná eerste skok

Lees ook :

Foto ter illustrasie

TOKIO. – Amptenare in Japan het gewaarsku dat die risiko van ’n “reuse”-aardbewing in die komende week toegeneem het nadat ’n aardbewing van 7.7 die noordooskus getref het. Dit volg nadat ‘n vroeë waarskuwing vir ‘n tsoenami teruggetrek is.

Die skok, wat in die see naby die Iwate-prefektuur plaasgevind het, sowat 530 km noord van die hoofstad Tokio, het ’n ontruimingsbevel ontlok en vrese vir tsoenami-golwe van tot 3 meter laat ontstaan.

Volgens ‘n berig deur die plaaslike uitsaaier NHK is die land nou volgens die Japan se meteorologiese agentskap (JMA) aan ’n verhoogde risiko vir ’n sogenaamde mega-aardbewing langs twee seetrôe in die Stille Oseaan blootgestel.

Duisende inwoners is aangeraai om kusgebiede te verlaat en na hoër geleë gebiede te beweeg. Die grootste tsoenami-golf wat gemeet is, was 80 cm hoog en alle waarskuwings is later Maandag opgehef.

Die jongste gebeure wek herinneringe aan die verwoestende 2011 Tōhoku-aardbewing en tsoenami, toe ’n reuse-aardbewing en daaropvolgende tsoenami meer as 18 000 mense se lewens geëis en ’n kernramp by die Fukushima Daiichi-kragstasie veroorsaak het.

Owerhede hou die situasie noukeurig dop en doen ’n beroep op inwoners om waaksaam te bly.

Bronne: news.com.au, BBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief