Japan sluit sowat 100 skole oor gevaar van beer

Lees ook :

JAPAN. – Amptenare in Japan het 94 munisipale skole en ses provinsiale skole in Utsunomiya gesluit om leerlinge se veiligheid te verseker terwyl tientalle jagters en polisiebeamptes na ’n beer soek. Dit is die eerste keer ooit dat ‘n swartbeer in hierdie geweste opgemerk is.

Volgens AsiaOne is die beer Saterdagaand die eerste keer in ‘n woongebied naby ‘n park opgemerk in die stad met sowat ’n halfmiljoen inwoners, ongeveer 100 km noord van Tokio.

Die dier is steeds op vrye voet nadat dit laas vroeg Maandagoggend sowat ’n halwe kilometer van ’n middelskool af gesien is.

Beeraanvalle, ook in stedelike gebiede, neem toe in Japan. Die regering het vanjaar ’n taakspan saamgestel om aandag aan die probleem te gee.

Bronne: AsiaOne, The Guardian.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief